Die gaping tussen die goudprys en die prys van platinum het sedert die skietery by Marikana op 16 Augustus aansienlik vernou.
Kort voor die skietery was die goudprys amper $220 per fynons hoër as die platinumprys. Sedertdien het beide goud en platinum se pryse baie verstewig, maar platinum se prys het vinniger as die goudprys gestyg, en Vrydag was die gaping $65 per fyn ons.
Kort voor die Marikana-skietery was platinum teen $1 381 op sy laagste vlak sedert September 2009, terwyl goud teen ongeveer $1 600 per fynons verhandel het.
Goud het Vrydag teen $1 770 gesluit, en platinum teen $1 705.
Platinum het sy hoogtepunt van $2 252 aan die begin van 2008 behaal, terwyl goud sy hoogtepunt die afgelope vyf jaar. Goud se hoogste prys die afgelope vyf jaar was die einde van verlede jaar toe die geel metaal teen $1 889,70 per fynons verhandel het.