“Platsak” Cope vasbeslote om te wen

Mosiuoa Lekota, Cope-leier. Foto: SABC

Mosiuoa Lekota, Cope-leier. Foto: SABC

Mosiuoa Lekota het gesê die Congress of the People (Cope)-party is platsak, maar sal steeds ʼn oorwinning vier tydens vanjaar se algemene verkiesing, het die City Press Sondag berig.

“Ons het nie geld nie. Ons is in ʼn geldelike verknorsing. Ons sukkel, maar ons is vasberade,” het Lekota, leier van Cope, gesê. “Cope sal die verkiesing met menslike kapitaal wen.”

Lekota was die afgelope paar jaar in ʼn leierskapdispuut gewikkel met die voormalige premier van Gauteng, Mbhazima Shilowa. Die Johannesburgse hooggeregshof het in Oktober beslis dat Lekota die party se regmatige leier is.

Lekota het aan die koerant gesê dat die leierskapstryd mense ontmoedig het om by die party aan te sluit. Hy het egter gevoel dat dit ʼn “politieke masjien” kan wees “waarmee rekening gehou moet word”.

Die party het tydens die algemene verkiesing in 2009 ongeveer 1.3 miljoen stemme verwerf.

Prof. Adam Habib, visekansellier van Wits-universiteit, het aan die City Press gesê Cope se geloofwaardigheid as lewensvatbare opposisie is vernietig. “Hulle het nie ʼn kat se kans om ooit weer daardie stemme te werf nie,” het Habib glo gesê.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Deon ·

Ek hoop hulle sal kan ‘cope’. Elke stem weg van die African Nasionwide Corruption sal ‘n Zimbabwe situasie uitstel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.