Playboy-tydskrif nou slegs digitaal

Argieffoto

Die manstydskrif Playboy SA gaan voortaan nie meer op die rakke nie, maar slegs op die internet beskikbaar wees.

Charl du Plessis, die tydskrif se redakteur, het aan The Times gesê “te veel konserwatiewe lesers” het vir die tydskrif se ondergang gesorg.

“Ons is van die verbruiker se kant ingelig dat mense nie gesien wil word wanneer hulle die tydskrif koop nie. Die digitale weergawe is in ʼn meer private spasie en die meeste publikasies is in elk geval ook in die proses om in die digitale rigting in te beweeg,” het hy gesê.

Du Plessis het glo ook gesê Suid-Afrikaners is nie soseer konserwatief nie, maar eerder skynheilig. In sy opinie publiseer verskeie ander mans- en vrouetydskrifte erger inhoud as Playboy SA, maar word hulle nie daarvoor gekasty nie.

Volgens geouditeerede sirkulasiesyfers het die tydskrif se totale sirkulasie verlede jaar in ʼn stadium tot 3 839 gedaal.

Playboy is die eerste keer in Suid-Afrika gepubliseer vanaf Desember 1993 tot 1996, waarna die publikasie weer in Maart 2011 hervat is.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Somerset Morkel ·

Great..! Laat hy vrek.. En laat die uitgewers werkloos wees.. Of ons skynheilig is of nie… die tydskrif is ‘n slegte ding vir mans EN vrouens..

Loutere Man ·

Dis elke persoon se eie keuse wat hy lees. Hoog heiliges knyp die kat ook maar in die donker. Die jare 50 is verby mense maak oop julle oe dis ‘n nuwe wereld. Elektronies sal goed werk daar kan beter beheer uitgeoefen word wie die tydskrif lees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.