Pleitooreenkoms vir Cleveland-ontvoerder; huis word moontlik gesloop

Ariel Castro

‘n Foto van die huis volg onderaan die berig. Ariel Castro, ʼn voormalige skoolbusbestuurder wat drie vroue glo vir meer as 10 jaar lank aangehou het, oorweeg tans ʼn pleitooreenkoms waarvolgens hy lewenslange tronkstraf, sonder die moontlikheid vir parool plus 1 000 jaar tronkstraf sal aanvaar.

NBC News berig dat die besonderhede vir die pleitooreenkoms Vrydag bekend gemaak sal word. Volgens dié ooreenkoms sal Castro egter nie ter dood veroordeel word nie en sal sy slagoffers nie aan ʼn uitgerekte en traumatiese hofsaak hoef deel te neem nie.

Tom Meyer, ondersoekbeampte in die saak, het vroeër bevestig dat ʼn pleitooreenkoms opgestel is en vir Castro aangebied is.

Intussen gaan Cuyahoga County Land Bank moontlik die huis waar Castro die drie vroue aangehou het, sloop. Die grond sal dan in ʼn gemeenskapsparkie omgeskep word. Die huis waar Anthony Sowell, reeksmoordenaar in Cleveland, Ohio, 11 vroue verwurg het, is in 2011 gesloop nadat hy skuldig bevind is.

Hy sal Vrydag in die hof in Ohio, Amerika, verskyn op 977 aanklagte wat ontvoering, verkragting en moord met verswarende omstandighede insluit. Hy word op borg van $8 miljoen aangehou.

Castro is in Mei in hegtenis geneem nadat Amanda Berry, Gina DeJesus en Michelle Knight uit aanhouding kon ontsnap.

Lees ook:
Video: Cleveland se ontvoerde vroue bedank die publiek
Besonderhede van Cleveland-ontvoering bekend gemaak
Vyf miskrame vir ontvoerde vrou
R72 miljoen borg vir vermeende ontvoerder
Video: Vroue 10 jaar ná ontvoering gevind

Die huis in Seymourlaan 2207, Cleveland, Ohio, waar die vroue aangehou is. ‘n Heining is nou rondom die huis gespan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.