“Plekname moet almal se geskiedenis weerspieël,” sê Zille

Helen Zille Foto: Esa Alexander

Straat- en plekname moet poog om Suid-Afrikaners te verenig en te versoen, eerder as om mense te verdeel, en dit gaan ʼn kompromie van almal vereis, het die DA Sondag gesê.

“Ons glo dat die name van plekke en straatname alle inwoners se geskiedenis en helde moet weerspieël,” het Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie (DA) in ʼn verklaring gesê. “Soos wat Mandela gesê het, name en simbole moet nie die basis word van “kleinlike wraak” of verdedigend wees nie… ons moet ons diskriminerende en onregverdige verlede erken en opreg soek om inklusiewe stede te ontwikkel, waar almal welkom voel.” Zille stel voor dat, met die uitsondering van Nelson Mandela, strate en plekke nie vernoem sal word na politici wat steeds leef nie. Sy het ook gesê dat munisipaliteite moet poog om eerder nuwe strate en plekke nuwe name te gee, eerder as om bestaande plek- en straatname te verander. Sy het ook gesê dit is verkieslik om die plekke só te vernoem dat dit nie intense emosie uitlok nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.