“Plofbare ondersoek” wag dalk op NSA

Merckel

Merckel

Daar is glo genoegsame bewyse om ʼn “plofbare ondersoek” na die NSA se meeluistering van die Duitse kanselier Angela Merkel se telefoon te regverdig.

Die Duitse aktualiteitstydskrif. Der Spiegel, berig dat die spanning tussen die VSA en Duitsland in dié geval kan verdiep.

Volgens Der Spiegel, wat aanvanklik die nuus oor die spioenasie op Merkel bekend gemaak het, het die Duitse minister van justisie reeds die minister van buitelandse sake ingelig dat die tameletjie in aantog kan wees. Beide ministers is van die Duitse Sosialiste-party, wat onlangs weer deel van die Duitse koalisieregering geword het.

Der Spiegel meen die VSA sal nie goed reageer op nuus dat ‘n formele ondersoek gedoen gaan word nie.

Intussen het pres. Barack Obama die sluier gelig oor hoe hy Amerikaners se reg op privaatheid beter teen inbreuk deur die NSA wil beskerm. Obama meen dis moontlik dat ‘n derde party, moontlik die tekekom-maatskappye self, die miljoene brokke versamelde inligting kan hou, wat dan deur hofbevele aan die NSA oorhandig kan word as daar ‘n redelike vermoede is dat die inligting benodig word om Amerikaanse veiligheid te verseker.

In ‘n interessante wending meen verskeie kongreslede dat die fluitjieblaser, Edward Snowden, deur die Russiese geheime diens gehelp moes wees om toegang te kry tot al die inligting wat hy uitgeblaker het. Snowden woon nou in Rusland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.