Plofstof en vuurwapens: Verdagte op borg vrygelaat

Brian Negus (57) van Hillcrest wat glo met ‘n verskeidenheid plofstof, vuurwapens en ammunisie gevang is, is Woensdag op borgtog vrygelaat.

Negus is in die landdroshof in Pinetown op R5 000 borg vrygelaat, waar hy van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie aangekla word, het kaptein Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê. Negus sal op 21 Desember weer in die hof verskyn.

Negus is in hegtenis geneem nadat drie trommels vol vuurwapens, R-5 en .303 gewere, verdowingsgranate, teenoproer-traangas en beligtingsfakkels Vrydag by sy huis in Waterfall opgespoor is. Die polisie was op soek na dokumentêre bewyse in ‘n bedrogondersoek toe hulle op die wapens afgekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.