Plofstowwe naby Brits gevind, plaaswerker beseer

ʼn Plaaswerker is Donderdag naby Brits beseer toe hy op ʼn krat met plofstowwe afgekom het en ʼn toestel in sy gesig ontplof het.

Volgens kaptein Tselane Nkala, ʼn woordvoerder van die Noordwes-polisie, het ʼn boer van die plaas Schietfontein die polisie omstreeks 11:00 ontbied en gesê daar is plofstowwe op sy plaas gevind. “Die polisie het hulle na die toneel gehaas en plofbare toestelle op die grond langs ʼn krat in ʼn veld naby die Brits-tolhek, langs die N4-deurpad in die rigting van Pretoria, gevind,” het Nkala gesê.

Die polisie se bomeenheid en honde-eenheid is na die toneel ontbied. “Daar is sowat 200 elektroniese ploftoestelle gevind. Die vermoede bestaan dat die helfte van die toestelle uit die krat verwyder is. Dit is steeds vermis.” Die plaaswerkers in na die Brits-hospitaal geneem met brandwonde aan sy gesig, bene en hande.

ʼn Saak van die onwettige besit van plofstowwe word deur die polisie ondersoek. Die polisie ondersoek ook of daar vuilspel betrokke was. ʼn Klagte van brandstigting word ook ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.