Plunderaar help toe om antieke kerk te vind

‘n Plunderaar van argeologiese terreine in Jordanië wat deur die loop van die nag op die mosaïekvloer van ’n kerk uit die Bisantynse tyd afgekom het, het die volgende oggend sy vonds aan die owerhede gerapporteer.

Die mosaïek beeld mense in bome uit wat vir bere vlug, en dateer uit 589 tot 590 nC.
‘n Huis is later oor die terrein gebou.

Die owerhede moet nou besin oor hoe om die terrein te bewaar. Jordanië het letterlik duisende argeologiese terreine, en plunderaars slaan baie maklik toe.

In Egipte is ook nou met verskerpte optrede begin na plundering van argeologiese terreine handuit geruk het. Sommige terreine is tot 70% verwoes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.