‘Plunderaar’ val ver na sy dood

'n Motor brand voor die Schubartpark-woonstelkompleks nadat ontstoke inwoners 'n betoging gehou het. Foto: Giordano Stolley/SAPA

‘n Motor brand voor die Schubartpark-woonstelkompleks nadat ontstoke inwoners ‘n betoging gehou het. Foto: Giordano Stolley/SAPA

ʼn Man wat by die omstrede Schubartpark-woonstelkompleks in die Pretoriase middestad geplunder het, het nege verdiepings ver na sy dood geval, berig Beeld.

Volgens die berig word daar al vir weke lank kaste, staalpype en geisers uit die gebou gestroop. Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het aan Beeld gesê die plunderaar het Donderdagaand na sy dood geval. “Hy en ander mense in die gebou het glo in ʼn rusie betrokke geraak. Hy het moontlik sy balans verloor en geval.” Die man, in sy 30’s, is nog nie geïdentifiseer nie aangesien hy geen dokumentasie by hom gehad het nie. Die Tshwane-metropolisie het op 2 Desember tydens ʼn klopjag op die gebou twee mense in hegtenis geneem terwyl meer as 30 laat spaander het. City of Tshwane het in September 2011 inwoners uitgesit weens die haglike toestand van die gebou. Die stad beplan om die gebou op te knap en luukse woonstelle beskikbaar te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Henko ·

Jammer, maar ek kan nie simpatiek wees nie. Geruime tyd word hierdie mense aangese om die perseel/gebou te verlaat vir die rede dat dit onveilig is.

AmY ·

Ek voel hy het gekry wat hy verdien. Jammer, maar plundery en diefstal is oortredings en klaar.

Daan Smit ·

Wat het van die Stadsraad tender vir die sloping (so paar maade gelede) geword?

Marie ·

Blinde sambok….Ek vra ook : wat van die sloping? Jammer dat daar so min “sambokke” is, maar “al hardloop die leuen hoe snel, (iewers) agterhaal die waarheid hom wel….”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.