PMB-skietery was glo moord, selfmoord

geweer4-320x1791Die polisie het Maandag die name bekend gemaak van twee mans wat Sondagaand tydens ʼn skietery in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal dood is.

“Die verdagte, Gift Mchunu (25) het glo Mfiswa Ndlangisa (27) doodgeskiet, waarna hy homself geskiet het,” het Zwane gesê.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het omstreeks 19:00 in Weststraat plaasgevind.

Die twee mans was reeds dood toe paramedici van Netcare 911 by die toneel opgedaag het.

Kapt. Thulani Zwane het aan Maroela Media gesê die Pietermaritzburg-polisie ondersoek ʼn saak van moord en ook ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GawieM ·

Met die nuwe vuurwapen wetgewing sedert 1994 word daar meer moorde in een maand in die land gepleeg, as wat daar in ‘n hele jaar, voor 1994 gepleeg was. Dit bewys mos dat hier ‘n helse fout in die land is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.