“Poefiepolitiek” haal buitelandse media

Die veldtog om met menslike afval in die Wes-Kaap te protesteer, het nou ook die buitelandse media gehaal, en Suid-Afrika se beeld word opnuut enorme skade berokken.

Trouw van Nederland berig soos volg: “De riolering in Zuid-Afrika is op veel plaatsen embarmelijk, of zelfs geheel afwezig. Veel inwoners delen openluchttoiletten, vaak onder onhygiënische omstandigheden. Daarnaast lopen vrouwen veel risico om verkracht te worden als zij ‘s nachts naar het toilet gaan.”

Dié berig is wyd gesirkuleer en word ook in ander nuusmedia gebruik.

Die koerant meld dat die Wes-Kaap deur Helen Zille se DA regeer word, maar skryf dat die provinsie nie die geld het om aan die eise van armes te voldoen nie.

Die Sydney Morning Herald berig weer oor die meer as 180 mense wat in Kaapstad se “poo war” aangekeer is.

Die buitelandse media se aandag is veral op Suid-Afrika gerig oor die toestand van oudpresident Nelson Mandela, en doen amper terloops verslag oor die… breekspul in Kaapstad.

Die spotprente is deur Eben de Klerk van die Vrystaat Koerant geskets.

Lees ook:
Nuuskommentaar: Riooletiek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.