Poeier is skadeloos – Sanral

Nazir Alli

Nazir Alli. Foto: SAPA

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Woensdag gesê die middel wat in ʼn koevert by Sanral se hoofkantoor in Centurion gevind is, is onskadelik.

“Die wit poeier is ondersoek en die middel is onskadelik,” het Nazir Alli, Sanral se uitvoerende hoof, in ʼn verklaring gesê. “Ons prioriteit was om die veiligheid van ons werkers in die gebou te verseker. Hulle ontvang berading vir angs wat deur die voorval veroorsaak is.”

Allie het nie gesê wat die middel was nie.

Die Tshwane gevaarlikestowwe-eenheid is ontbied toe die koevert opgespoor is. Dit het daartoe gelei dat die elektrisiteit afgeskakel en die gebou ontruim moes word. Altesaam 37 mense is ontsmet en in die hospitaal opgeneem as ‘n voorsorgmaatreël. Al dié werkers is teen Woensdagoggend ontslaan.

Alli het gesê die ontruiming het nie die oorhoofse tolhekke beïnvloed nie en dit was die heel tyd in werking. “Ons inbelsentrum is egter deur die ontruiming beïnvloed, maar werk nou weer teen volle kapasiteit.”

Sanral het gesê hulle werk saam met owerhede om die skuldiges vas te trek.

Lees ook:
Alles weer normaal Sanral ná antraks-skok
Verdagte wit poeier by Sanral nie antraks nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eben ·

Nazir Alli vertel ons groot asb watse poeier dit was. Ons wil weet watter persoon reg was met raai skote. Was dit …. Babapoeier ….. Waspoeier …. skoen poeier ….. lyf poeier …. rot poeier ….. Please Nazir Alli vertel ons, belowe ons sal nie lag!

Ria Maritz ·

Jy sê “ons” sal nie lag nie – goeiste, ek het nou vir JOU gelag !

***

Wou self vra – dis die tweede berig vandag wat dit duidelik stel dat die poeier onskadelik is, maar waarom die weerhouding van die identifikasie daarvan ?!?!

KOMAAN, UIT DAARMEE, EN NET DIE WAARHEID IS GOED GENOEG !

Eben ·

Agggg wat ou Ria dis n lot nare bymekaar en hulle wil natuurlik verhoed dat ons moet weet waarvoor ontruim hulle die kantore. Kan my indink die spulletjie wat waarneming hospitaal toegeneem is en kamstag siek begin voel het net om agter te kom dit was net grappies en laggies Wel iemand sit met n rooi gesig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.