Pofadder pik jong vrou

Argieffoto

‘n Jong vrou is Sondag vermoedelik deur ‘n pofadder op ‘n wandelpad by Shongweni buite Durban gepik.

“Paramedici het haar behandel voordat sy na die Hillcrest privaat-hospitaal geneem is,” het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê. Die vrou is tans in ‘n stabiele toestand. Banks sê sy het saam met haar vriende in die Giba-kloof gestap toe die slang haar deur haar skoen gepik het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.