Poging op burgemeester se lewe gemaak

Die Estcourt-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn groep mans probeer het om ʼn burgemeester van KwaZulu-Natal dood te skiet.

Phindile Strydom (45), die ANC se burgemeester van die Imbabazana-munisipaliteit, is Woensdagaand in die oprit van haar huis aangeval. “ʼn Groep gewapende mans het op haar voertuig losgebrand toe sy haar eiendom wou betree,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “ Veiligheidswagte by haar huis het teruggeskiet waarna die mans van die toneel gevlug het. Strydom is ongedeerd.”

Niemand is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.