Polisiebeampte in Hillbrow doodgeskiet

Die foto is deur @moses_moyo op Twitter gelaai.

ʼn Polisiebeampte is Woensdagaand doodgeskiet en nog een ernstig gewond in Hillbrow in Johannesburg.

Lt. kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 19:00 gisteraand op die hoek van King George en Wolmaransstraat plaasgevind. “Die beamptes het glo net met hulle skof begin en was besig om te patrolleer toe hulle ʼn verdagte motor met drie insittendes opgemerk het. Hulle het die motor voorgekeer en deursoek. Een van die insittendes het nie sy samewerking gegee nie en was aggressief.” Mogale sê een van die polisiebeamptes het probeer om hom te kalmeer toe een van die ander insittendes ʼn vuurwapen uitgeruk en die beampte in sy regteroog geskiet het. Die man het hierna ʼn tweede skoot geskiet en die ander polisiebeampte doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.