Polisiebeamptes koop ʼn bergfiets vir gestorwe lid se seun

Sers. Bruwer Smit, ʼn polisiebeampte van Pretoria wat Dinsdagmiddag voor sy 10-jarige seun vir sy bergfiets en tekkies doodgeskiet is, is Vrydag begrawe. Sy troosdiens het by die Bergsig Gereformeerdekerk in Mountain View plaasgevind.

Smit was ʼn lid van die Lyttelton-polisie. Hy en sy seun, Jaen-dré, het Dinsdag met hul fietse by die Zandfontein-begraafplaas naby die Mabopane-hoofweg gery toe gewapende mans hulle aangeval het. Jaen-dré is blykbaar met sy skoenveters vasgebind voordat Smit in die nek geskiet is. Die mans het gevlug en is steeds soek. Jaen-dré het los gekom en hulp ontbied. Smit is op die toneel dood.

Intussen het Smit se kollegas saamgespan om geld bymekaar te kry om vir Jaen-dré ʼn nuwe fiets te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.