Polisie bekyk komplot om NW-premier te vermoor

Thandi Modise

Die polisie in Noordwes ondersoek ʼn beweerde komplot om Thandi Modise, premier van die provinsie, te vermoor.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die premier se kantoor het die polisie gevra om ondersoek in te stel na die beweerde komplot. Modise het deur middel van haar woordvoerder, Lesiba Kgwele, bevestig dat sy bewus is van die beweerde komplot. Dit kom te midde van voortdurende faksiegevegte binne die ANC in Noordwes. David Obuti Chika, die ANC se sekretaris in die Kenneth Kuanda-streek, is verlede jaar vermoor terwyl Moss Phakoe, voormalige ANC-raadslid, in 2009 in die provinsie vermoor is. Die Valke het vroeër vanjaar met ʼn ondersoek begin na ʼn beweerde komplot om Patrick Chauke, ʼn ANC politikus in die provinsie, te vermoor.

Die ANC in die provinsie het vroeër aangekondig dat hy ook die beweerde komplot om Modise te vermoor sal ondersoek. “Die ANC sal die geldigheid van die bewerings ondersoek en die saak saam met die nodige wetstoepassingsagentskappe hanteer,” het Kenny Morolong, woordvoerder van die ANC, in ʼn verklaring gesê. Morolong sê die ANC het deur die media bewus geword van die beweerde komplot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Herman ·

Weereens om die fokus te verkuif na die werklike probleme in die land.

piet ·

JA DIE KLEM VERSKUIF OM HULLE ON VERMOEE OM TE REGEER TE VESKUIL, MAAR OOK OM SIMPATIE TE SOEK. MAAR WIE WIL HAAR VERMOOR GAAN ANDER PARTY, BEHALWE DIE ANC EN SY TRAWANTE SAL BAAT VIND AS SY NIE MEER DAAR IS NIE. SY SAL DAN NET DEUR N VOLGENDE SWAKKELING OP GEVOLG WORD. DIE ANC IS SOOS N HONGER HOND WAT SY EIE UITWERPSEL VREET. DIT SAL NOOIT VERANDER NIE. DIE ANC EN SY TRAWANTE VERNIETIG MEKAAR VAN BINNE AF, HOE GOUER HULLE AF EN UITSTREF HOE BETER VIR ONS LAND. MAG DIE VOLGENDE VERKIESING HULLE DOODSKLOK LUI.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.