“Polisie” beroof vrou

Drie mans wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, het Vrydag ʼn vrou van haar geld en haar selfoon in Grahamstown beroof.

Kapt. Mali Govender, ʼn polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het Maandag gesê die 53-jarige vrou was deur die drie “beamptes” genader toe sy op pad bank toe was. “Die mans het identiteitskaarte aan haar gewys en die vrou uitgevra oor ʼn beweerde rooftog wat in die omgewing plaasgevind het,” het Govender gesê.

Die mans het haar versoek om hulle na ʼn nabygeleë “polisiestasie” te vergesel. Sy is versoek om van haar besitting aan hulle te oorhandig omdat sy dit nie in die “stasie” in mag vat het nie.

“Sy het gou agtergekom dat dit nie ʼn polisiestasie was nie, maar in daardie stadium was die verdagtes reeds met haar besitting weg,” het Govender bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.