Polisie betaal dalk van Selebi se regskostes

Jackie Selebi

Die ministerie van polisie het ontken dat Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, ‘spesiale behandeling’ sal ontvang rakende die R17,4 miljoen wat hy in regskostes skuld, berig City Press.

“Die persepsie is dat mnr. Selebi spesiale behandeling ontvang van die staat maar dit is nie waar nie,” het Zweli Mnisi, woordvoerder van die ministerie, aan die koerant gesê. Selebi is op mediese parool nadat hy in 2010 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is vir korrupsie. Volgens die berig het Selebi se regsverteenwoordigers die nodige inligting aan die ministerie gegee. “Die inligting sal deeglik oorweeg moet word deur die nasionale kommissaris [Riah Phiyega], wat moet besluit of mnr. Selebi die hele of slegs ʼn gedeelte van die bedrag sal moet betaal.” Volgens die berig het Wynanda Coetzee, Selebi se regsverteenwoordiger, verlede maand gesê: “Daar is net nie genoeg geld” om die regskostes te betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fanie van Heerden ·

NEE. Dit sal die belastingbetalers wees wat betaal.

HELENA SEABORNE ·

polisie????????????? ag pok almal weet ons taxpayers betaal daarvoor. hy mut flippen self daarvoor betaal soos ons mut dun as ons aanjaag.

Gert Malan ·

Die flippin skelm sal weereens sy sin kry want sy kriminele boeties kan hom mos nie in die steek laat nie.

Sarie van Niekerk ·

Dit is darem lekker!! As ek so terugdink oor die saak dan is dit die einste Selebi wat die saak uitgerek het. Hy het alles moontlik gedoen om te verhoe dat die saak moes voorkom elke keer met die gevolg dat die saak oor en oor uitgestel is.
As ek van privaat regsverteenwoordigers se dienste gebruik maak om my in ‘n saak te verdedig, moet ek maar hoes en betaal. Inteendeel elke keer wanneer die saak voorkom moet daar eers geld betaal word anders onttrek hulle aan die saak
Selebi is ‘n veroordeelde misdadiger of hy nou op mediese parool is of nie, dit is nie die punt hier nie want die sogenaamde ernstige siekte is ook sommer net ‘n klug. Hoe lank is die saak nie nie al afgehandel nie en hy leef nog steeds – net soos die geval met Shabir Shaik. Destyds toe hy moes tronk toe gaan was hy volgens sy regsspan en die medici wat waarskynlik ook omgekoop is, op die randjie van die dood – kan daar bietjie vir ons weer ‘n slag ‘n mediese bulletin oor hom uitgereik word
Natuurlik kry hierdie krimineel voorkeurbehandeling ons is mos nie almal ‘n spul ape nie!
Dit is maklik om nou te se daar is net eenvoudig nie geld om sy regskostes te betaal nie. Hy bly in ‘n paleis van ‘n huis, verkoop die om die regskostes te dek. Verkoop sy vrou se juwele, verkoop sy motors hy is in elkgeval kamma so dodelik siek wat maak hy daarmee
As die staat sy regskostes gaan betaal hou ek onmiddellik op om belasting te betaal en dan moet Sars my maar hof toe sleep, ek sal my saak in die hof gaan stel

amy ·

As dit die waarheid is, kan die polisiemanne vir die volgende 20jaar vergeet van ordentelike verhogings. Sterkte aan julle eerlike manne en vroue in die diens van die SAPD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.