Polisie bied beloning aan vir inligting oor gesoekte ‘misdadiger’

Menzi Hector Mabaso

Die polisie het ‘n beloning van R25 000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van ʼn vermeende misdadiger wat vroeër uit aanhouding ontsnap het.

IOL berig dat Menzi Hector Mabaso sedert November vanjaar gesoek word nadat hy uit aanhouding ontsnap het in Gauteng. ‘n Polisiewoordvoerder, luit. Joey Jeevan, sê die 26-jarige Mabaso word verdink van ʼn moord, poging tot moord, kaping en kitsbankrowe. Sy sê Mabaso het glo R560 000 gesteel in kitsbankrowe. Mabaso is glo in Ladysmith. Jeevan sê Mabaso het uit ʼn hof in Johannesburg ontsnap waar hy op aanklagte van moord en kitsbankroof verskyn het. Mabaso het ʼn polisiebeampte doodgeskiet tydens ʼn kitsbankroof. Enigiemand met inligting kan ao Moses Gaza skakel by 071 481 3446 of ao Mandla Ndlovu by 071 481 2541. Persone wat anoniem wil bly kan 08600 10111 skakel.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.