Polisie bied beloning vir inligting oor ANC-leier se moord

Die polisie van Noordwes bied ʼn R200 000-beloning aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname en suksesvolle vervolging van die verdagtes wat ʼn ANC-leier in Klerksdorp vermoor het.

David Mosiane Chika (33), streeksekretaris van die ANC in die Kenneth Kaunda-munisipaliteit, is verlede week Vrydagoggend in die oprit van sy huis in sy maag geskiet. Hy sou dieselfde dag in die hof verskyn het om teen opposisie in die party te getuig.

Die polisie versoek enigiemand met inligting oor die moord om met die Valke in verbinding te tree. Skakel kol. Clifford Kgorane by 082 492 3921 of lt.kol. Rasekaka Makuoane by 071 481 2574.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.