Polisie-dwaalkoeël skiet glo eenjarige dood

ʼn Eenjarige baba is per ongeluk doodgeskiet en sy ma beseer, nadat die polisie op ʼn groep mense moes skiet wat glo twee mans aangeval het wat glo van diefstal aangekla is.

Kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die voorval het Sondag in Mooiplaas, suid van Pretoria, plaasgevind.

“ʼn Groep inwoners het twee mans van diefstal aangekla en hulle aangeval. Een van die polisiebeamptes het glo ʼn waarskuwingskoot geskiet. Dié dwaalkoeël het glo die ma en haar kind getref,” het Mogale gesê. Die kind is op die toneel dood verklaar.

Twee polisiebeamptes is ook in die aanval beseer. Die beamptes en die ma is in die hospitaal opgeneem vir verdere behandeling.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jacques ·

Wat ek wonder is, waarheen het hy/sy gemik toe hy/sy die “waarskuwing skoot” af gevuur het?
As dit in die lug in was dan kan mens verstaan, maar wie skiet in die lug in.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.