Polisie fnuik vermeende rowers

Vyf mense is Vrydagoggend in Soweto in Gauteng in hegtenis geneem terwyl hulle glo op pad was om ʼn sportwinkel te beroof.

“Die polisie het ʼn wenk ontvang dat ʼn groep mans beplan om ʼn winkel in Krugersdorp te beroof,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Die polisie het ses mans aangekeer toe hulle in ʼn kombi geklim het.”

Een man het ʼn sak laat val en weggehardloop. Die ander vyf is toe deursoek. Die polisie het beslag gelê op ongelisensieerde vuurwapens van twee van die mans en ʼn bedrag kontant van een van die ander mans.

Die mans sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.