Polisie gebruik rubberkoeëls om ANCYL-ondersteuners uiteen te jaag tydens Malema-verhoor

Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Lede van die ANC-jeugliga het T-hemde met president Jacob Zuma se gesig gebrand buite Luthuli-huis in Johannesburg waar jeugligaleier, Julius Malema, se dissiplinêre verhoor Dinsdagoggend begin het.

Die ontstoke skare het ook vlae van die regerende party gebrand. Die polisie het met rubberkoeëls op die skare losgebrand nadat hulle die polisie vroeër met bottels en klippe bestook het. Talle mense het probeer om Luthuli-huis, waar Malema verhoor word, binne te gaan. Die polisie moes van ʼn waterkanon en traangas gebruik maak om die skare onder beheer te probeer bring. Ontleders beskryf die verhoor as die moeilikste geveg van Malema se politieke loopbaan. Indien hy skuldig bevind word kan sy ANC-lidmaatskap vir tot vyf jaar opgeskort word en sal hy nie langer as jeugligaleier kan dien nie. Die jeugliga se woordvoerder, Floyd Shivambu, die liga se adjunk-president, Ronald Lamola, die liga se sekretaris-generaal, Sindiso Magaqa, sy adjunk, Kenetswe Mosenogi en die tesourier generaal, Pule Mabe, word saam met Malema aangekla. Die jeugliga het gesê dat hy ʼn span na Botswana sal stuur om regime verandering te weeg te bring. Die regerende party het woedend op die uitlatings reageer. Die jeugliga het om verskoning gevra vir die uitlatings en sy verklaring teruggetrek. Malema is verlede jaar daaraan skuldig bevind dat hy president Jacob Zuma gekritiseer het. Daar is destyds gesê indien Malema binne twee jaar skuldig bevind word aan ʼn soortgelyke oortreding hy sy ANC-lidmaatskap sal verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leon Visser ·

As die ANCYL dan nou die ANC vlag brand, beteken dit dat hulle nie weer in die volgende verkiesing vir die ANC gaan stem nie. Ek twyfel….hulle sal mos nooit die hand byt wat die hond voer nie….of sal hulle en wat is die strategie daaraan verbonde?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.