Polisie gereed vir Malema-hofsaak

Julius Malema, leier van EFF Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, leier van EFF Foto: Werner Beukes/SAPA

Die polisie is op hoë gereedheid geplaas vir Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), se korrupsie-verhoor Maandag in die hooggeregshof in Polokwane.

“Ons weet nie hoeveel EVV-lede by die hofsaal gaan opdaag nie, maar ons sal die omgewing rondom die hof patrolleer,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy sê die middestad en Seshego, Malema se tuisdorp, sal ook gemonitor word. Strate om die hof is reeds vir verkeer gesluit.

Maroela Meidia het Sondag berig die doel is om vrede en stabiliteit te verseker. Lees meer hier.

Malema word daarvan beskuldig dat hy nagenoeg R4 miljoen gewin het uit korrupte aktiwiteite. Hy is tans uit op borgtog van R10 000 en staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en afpersing. Sy medebeskuldigdes is voormalige sakevennote Kagisho Dichabe, Lesiba Gwangwa, Helen Moreroa en Makgetsi Manthata. Hulle is almal vroeër op borgtog van R40 000 elk vrygelaat. Die verhoor sal na verwagting tot 29 November duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Justi ·

Ek hoop die man gaan baie jare lank sit! Of gaan hy ook “onskuldig”, bevind word en nie betaal vir sy bedrog soos baie ander wat veronderstel is om “leiers” te wees?

Seg ·

Dit sal mos nou vir Malema ‘n groot Kersgeskenk wees as hy in die tronk sal sit. Hoop hulle maak ‘n voorbeeld van hom en gee hom die maksimum straf vir die oortreding.

leon ·

More almal, hoekom kry oortjies net R10,000 borg en die ander veel meer. Want almal weet of hy gaan onskuldig bevind word of opgeskorte vonnis of boete kry. Almal is ewe korrup.

Grietjie ·

Ja Leon wil ek ook graag weet hoekom syne so min teen oor sy medepligtegis.? Ons almal weet daar Gaan niks van kom nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.