Polisie glo bang Oscar pleeg selfmoord

Oscar verlaat Vrydag die hof. Foto: Werner Beukes/Sapa

Die buitelandse media haal E News Channel aan dat die Suid-Afrikaanse polisie Oscar Pistorius permanent onder observasie hou omdat gevrees word dat hy sou selfmoord pleeg.

Intussen berig SAPA dat Pistorius se prokureur, Kenny Oldwage, dreig om die media wat ‘n foto van ‘n huilende Pistorius wys, te prosedeer. Dié foto is glo geneem terwyl die hof in sitting was.

Pistorius sal Dinsdag weer in die hof verskyn en na verwagting om borgtog aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

james venter ·

oscar ons bid vir jou, en Jy moet nou super sterk wees. Ons is seker die waarheid sal seevier, ons is met jou!

FW ·

Hmm, ek wonder of hulle hom gaan ‘shank’ in die tronk, of ‘blade’…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.