Polisie gryp in by myn

Die polisie het Dinsdag nagenoeg 40 stakende mynwerkers by Kumba Iron Ore se Sishen-ysterertsmyn in die Noord-Kaap in hegtenis geneem.

ʼn Groep stakers het bymekaar gekom nadat 120 stakende mynwerkers afgedank is omdat hulle nie vir dissiplinêre verhore opgedaag het nie. Lees meer hier.

Kumba Iron Ore het ‘n hofbevel bekom wat die stakers verhoed om naby die myn te kom. Die polisie het ingetree nadat die stakers nie ag op dié bevel geslaan het nie. Kolonel Hendrik Swart, ‘n polisiewoordvoerder, sê die verdagtes gaan aangekla word van afpersing, intimidasie, diefstal, betreding, kwaadwillige skade aan eiendom en minagting van die hof.

Die stakers het vroeër verskeie mynvoertuie van nagenoeg R3,3 miljard gekaap en ʼn verhoging geëis as losprys. Gert Schoeman, woordvoerder van die myn, sê die gesteelde swaarvoertuie en myntoerusting is teruggekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.