Polisie help nie krokodille vang nie

Argieffoto

Die polisie in Limpopo het Saterdag gesê hulle is nie betrokke by die soektog na vermiste krokodille van die Rakwena-krokodilplaas ná vloede in die provinsie nie.

“Die polisie het nie die kapasiteit of kundigheid om die krokodille te jag nie, maar ons monitor daagliks die situasie,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Daar is tot dusver nog geen voorvalle in verband met die krokodille aangemeld nie.”

Zane Langman, die skoonseun van Johan Boshoff, eienaar van Rakwena, het Donderdag aan Beeld gesê dat sowat 15 000 krokodille tydens die vloede van die plaas in die Limpopo-rivier ontsnap het. ‘n Paar duisend krokodille is reeds in die digte bos langs die rivier en aangrensende lemoenboorde gevang. Langman het gesê hy en Boshoff is gedwing om die krokodilplaas se hekke oop te maak, aangesien daar ‘n moontlikheid bestaan het dat die krag van die water Boshoff se huis se mure sou platdruk. “Ons vang hulle soos en wanneer plaaslike boere ons kontak om te sê dat daar krokodille op hulle eiendom is. Daar was ‘n hele paar in Weipe, en ek het ook gehoor dat daar ‘n krokodil op die rugbyveld by ‘n skool in Musina was,” het Langman gesê.

Meeste van die pogings om die krokodille te vang vind gedurende die aande plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.