Polisie: ‘Henning nie in hegtenis geneem’

Die vermoorde Chanelle Henning se eksman Nico saam met hulle seuntjie Benjamin.

Die polisie in Gauteng sê die vermoorde Chanelle Henning se eksman is teen Donderdagoggend nog nie in hegtenis geneem nie.

“Nico Henning is nie in hegtenis geneem nie, ek kan niks meer as dit sê nie,” het ʼn polisiewoordvoerder, lt kol Katlego Mogale, gesê. Henning is kort na die moord op sy vervreemde vrou in November vanjaar deur die polisie ondervra. Mogale wou ook nie bevestig of daar beplan word om Henning in hegtenis te neem nie. Dit het Dinsdag in die Pretoria streekshof aan die lig gekom dat Henning ʼn verdagte is in die moordsaak van sy eksvrou. Die ondersoekbeampte, Petrus van der Spuy, het getuig dat die sogenaamde “meesterbrein” agter die moord op Henning steeds gesoek word. Hy het na ʼn telefoonoproep verwys wat glo van Nico se foon na die beskuldigde Andre Gouws gemaak is kort voor die moord. Gouws se borgaansoek is uitgestel tot 24 Januarie.

Vir ‘n tydlyn van gebeure rondom die moord op Chanelle Henning klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.