Polisie het 70 oop poste weens regstellende aksie

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het nagenoeg 70 poste vakante poste wat nie gevul is nie weens regstellende aksie.

Dié inligting het na vore gekom uit notules van die polisie wat as bewysstukke gebruik sal word in ’n nuwe regstellendeaksiesaak tussen Solidariteit en die SAPD. Die saak word Donderdag in die arbeidshof in Braamfontein aangehoor.

Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Arbeidshof-afdeling, sê die vakbond tree op namens luitenant-kolonel Bernard van der Westhuizen, wat op grond van sy geslag bevordering geweier is. “Hy is bevordering geweier weens die toepassing van ’n beleid dat die polisie se werknemers op elke vlak 50% mans en 50% vroue moet wees. Die SAPD se regstellendeaksieplan volg ’n absurde en streng syferbehepte benadering. Ons wil deur hierdie saak wys wat die volle implikasies van die onlangse Renate Barnard-arbeidsappèlhofuitspraak is, waarvolgens dit geregverdig is om poste nie te vul nie en om die rassedemografie rigied toe te pas,” het hy gesê.

Groenewald sê in Barnard se geval is een pos teruggetrek, maar in Van der Westhuizen se geval is minstens 70 poste nie gevul nie. “Dit moet ’n negatiewe uitwerking op dienslewering hê. Die ironie is dat ons in die arbeidshof gaan staan om te keer dat die polisie poste vakant los op dieselfde dag as wat daar ondersoeke deur onder meer die Farlam-kommissie rakende die polisie se bevoegdheid aan die gang is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

H J Bester ·

Dank aan Solidariteit wat hierdie saak in die Hof dryf want geen indiwidu sou op eie stoom ooit kon slaag met enige soortelyke saak nie.

Verder sal die uitspraak interessant wees siende dat die gees en ingestelheid waarmee die wet aanvanklik geskryf en aanvaar is, tans op growwe wyse verkrag word. Die interpretasie van die SAPD is ook sekerlik nie in lyn met die bedoeling van die wet nie.

Hoop van harte die Arbeidshof bring duidelikheid vir almal sodat daar nie in die toekoms soortgelyke misplaaste optredes deur die Owerhede implementeer word word nie.

butch ·

Hoop rerig dat die Concourt hierop uitsluitsel sal gee – die huidige standpunt kan onmoontlik grondwetlik regverdig word !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.