Polisie het bordeel glo vroeër besoek

Inn Town Holiday Lodge, Durban Foto: Daily News

Die polisie in Durban was glo bewus van ʼn beweerde bordeel-hotel in die stad.

ʼn Ontvangsdame, wat die besprekings vir prostitute gemaak het, het Donderdag in die streekshof in Durban getuig dat sy nie die fluitjie oor die hotel hoef te blaas nie, aangesien die polisie en die eThekwini-metropolisie reeds die hotel besoek het.

Yvonne Dudu Shinga word tans in die verhoor van ʼn dokter, sy vrou, en drie ander persone kruisondervra op klagtes van mensehandel en die bedryf van ʼn bordeel. “Die rede hoekom ek dit nie verkla het nie, is omdat die polisie reeds kom kyk het wat aangaan. Hulle is daar weg en het weer teruggekom. Beamptes van die eThekwini-metropolisie het selfs foto’s van die meisie geneem en hulle aangesê om dit nie meer te doen nie,” het Shinga gesê.

Shinga sê sy het sedert 2007 by die Inn Town Lodge-hotel gewerk. Die hotel is eienaar is dr. Genchen Rugnath (58), wat in Februarie 2012 saam met sy vrou Ravina, Sandile Patrick Zweni (36), Nonduzo Dlamini (24) en Bhabha Dubazini (29) in hegtenis geneem is. Die vyf staar ʼn totaal van 156 aanklagte in die gesig, insluitend aanranding, verkragting, seksuele uitbuiting van ʼn kind en swendelary.

Hulle het glo die bordeel uit die Inn Town Lodge bedryf waar kinders so jonk as 12 jaar oud glo aangehou is. Hulle kan lewenslange tronkstraf opgelê word indien landdros Simphiwe Hlophe hulle skuldig bevind.

Shinga sê die besoeke deur die polisie en die metropolisie het plaasgevind voor die klopjagte vroeg verlede jaar wat tot die inhegtenisneming van die vyf persone gelei nhet. “Toe ek van die een hotel na ʼn ander hotel, die Down Town Lodge, oorgeplaas is, het ek uitgevind dat sowat 30 prostitute buite die Inn Town Lodge handel dryf,” het Shinga gesê. Talle van die vroue het glo van die kamers in die hotel gebruik gemaak. Die vroue mag egter nie die mans na die kamers in die kelderverdieping gevat het nie.

“Die bestuurder het gesê sy het ʼn kennisgewing ontvang dat slegs vroue in die kelderverdieping toegelaat word.”

Shinga het vroeër in die week getuig dat Dlamini en Dubazini wag gehou het oor die meisies, maar onder kruisverhoor het sy gesê hulle het na die meisies by die lodge omgesien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.