Polisie het glo joernaliste se selfone afgeluister

Die polisie het sy ondersoek oor misdaadintelligensiebeamptes, wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n regter om die bos gelei het om afluisterapparaat in voormalige polisiehoof Bheki Cele en twee joernaliste van die Sunday Times se telefone te plant, afgesluit.

Maj.gen. Deena Moodley, voormalige spioenasiehoof van die polisie in KwaZulu-Natal, kol. Dumisani Zulu en kapt. Bongani Cele, geheime intelligensieversamelingsbeamptes, word daarvan beskuldig dat hulle die drie selfoonnommers onder vals name in ‘n regmatige onderskeppingsbevel ingedien het.

Die bevel, wat op 6 Desember 2010 deur regter Joshua Khumalo goedgekeur is, het die polisie toestemming verleen om regstreekse telefoonoproepe op te neem, toegang te bekom tot alle teksboodskappe en GPS-koördinate te gebruik om die ligging van die selfoongebruikers te bepaal.

Solomon Makgale, woordvoerder vir nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega, het aan die koerant gesê die polisie het die kriminele ondersoek afgehandel. “Ons glo daar is prima facie bewyse teen die drie betrokke beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Die vervolgingsgesag moet nou bepaal of hulle die beamptes gaan vervolg,” het Makgale gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Daar is prima facie bewyse teen die polisiebeamptes nou moet die Nasionale Vervolgingsgesag besluit of hulle die polisiemanne gaan vervolg!! Is daar enige twyfel oor vervolging hiet? Hulle het ‘n kriminele oortreding gepleeg!! Ek sien nerens in die artikel wat van die drie polisiemanne geword het nie, maar ek hoop hulle is reeds uit die polisie geskors!!

Knormoer ·

Nee, hulle sal tien teen een nie vervolg word nie!! Hoekom? As die polisiediens so baie kriminele het wat vir hulle werk, hoekom nie nog ñ paar op die lys sit nie? Die regering het in allegeval die kriminele nodig wanneer daar eendag op hul knoppie gedruk moet word!!! In hierdie land is enigiets moontlik!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.