Polisie-hoë bedank glo oor matriek

Saps-ls10-320x224Kol. Vincent Mdunge, ʼn hoëvlak-polisiebeampte en -woordvoerder van KwaZulu-Natal, het bedank weens beweringe dat hy ʼn ongeldige matrieksertifikaat het.

Kol. Jay Naicker, ʼn woordvoerder van die polisie, het Donderdag gesê die aantygings teen Mdunge het aan die lig gekom toe die kriminele en akademiese rekords van polisiewerknemers nagegaan is.

“Tydens die verifikasieproses het dit aan die lig gekom dat Mdunge, wat in die provinsiale hoofkwartiere gestasioneer is, nie ʼn geldige matrieksertifikaat het nie,” het Naicker gesê. Die polisie het daarna ʼn interne ondersoek van stapel gestuur.

“Ná ‘n deeglike ondersoek het die provinsiale kommissaris, lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, opdrag gegee dat die beampte dissiplinêr aangekla word. Die beampte het daarna die kommissaris in kennis gestel dat hy uit die polisie gaan bedank, en sy bedanking is aanvaar,” het Naicker gesê.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jasper ·

Maroela weier om my kommentaar te plaas. Na my mening voldoen ek aan hulle kriteria.
Moet ons almal se opinnies presies met die van die moderator ooreenstem.
In daardie geval is hierdie blad n klug.

Nienie ·

Ek verwonder my ook daaraan. In die ou dae is jy summier aangekla.

akram ·

So nou kan hy nie departementeel aangekla word nie. Gaan hy krimineel vervolg word? Dit is mos nog n misdryf om vals dokumente aante wend vir gewin? Of gaan hy dalk net n tikkie op die hand kry met n” jywas n stout oom, moet dit nie weer doen nie” En dan n hoer pos aagestel word?

Angelus ·

Jasper ek stem saam met jou. Maw as jy nie saam stem nie, word jou opinie nie geplaas nie! Ons word verbied om die sondebok ensy sonde op sy naam te noem!
N24 is/was dieselfde,maar ek twyfel of hulle juis baie R100de ge-oes het en dit is seker Maroela se rigting ook! So Goodbye!!!

Erich Goosen ·

Jasper, jy is nie die enigste een wie se kommentaar net verdwyn nie. Die Maroela sensor tree maar bra inkonsekwent op en sy/haar vertolking van wat haatspraak, kru of vuil taal is, is by tye maar bedenklik. Ek oorweeg nou om my deelname aan bydraes te onttrek. Een leser se kommentaar oor iemand se klein toti het deurgegaan maar wanneer ek ‘n bietjie goediglik draak steek (soos ek by die berig gedoen het) word dit net afgehaal. Terloops mnr/me Sensor, ek is een van daardie ooms in die familie wat nogal voor lief is en hulle hou hul nie met die dinge op waarteen jy waarsku nie).

Jasper ·

Hierdie Forum gaan later net uit n paar ” Siestog, jammer, ons sal nie weer nie” lede bestaan.

Jasper ·

Ek prober weer.
Die Kollonel gaan n kontakteur word. Al wat kontrak is, gaan aan hom toegeken word mits hy winste deel

Jasper ·

Cheers, tjorts en totsiens.
Klaar ge Afri en klaar ge- Maroela

Vas Vat ·

Baie min van hulle het matriek, so hiep, hiep, hoera, kry ons n nuwe mag ???

Jasper ·

Van my kommentaar word toe later geplaas nadat ek ge- cheers en tjorts het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.