Polisie-hoë in hof oor vervalsde matrieksertifikaat

Kol. Vincent Mdunge. Foto: Verskaf

Kol. Vincent Mdunge. Foto: Verskaf

Vincent Mdunge, voormalige woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, sal in Maart in die Durbanse streekshof verskyn op aanklag van ʼn vervalsde matrieksertifikaat.

Landdros Trevor Levitt het die hofsaak vir 7 Maart geskeduleer.

Mdunge word daarvan beskuldig dat hy ʼn vervalsde matrieksertifikaat ingedien het toe hy in 1987 by die polisie aangesluit het. Hy het bedank nadat die bewerings in September aan die lig gekom het. Hy is in Oktober in hegtenis geneem.

Saleem Khan, Mdunge se prokureur, het gesê hy verwag dat die hof die saak van die hand gaan wys sodra die staat hulle saak gestel het. “Die staat het geen saak teen my kliënt nie,” het Khan gesê.

Mdunge staar onder andere twee aanklagte van bedrog en een van vervalsing in die gesig.

Lees ook:
Polisie-hoë ontken vervalsde matrieksertifikaat
Polisie-hoë bedank glo oor matriek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rene ·

Nog een van ons kastige “polisie” wat met ñ glimlag uit die hof gaan stap. Ongeag of hy skuldig of onskuldig bevind gaan word want tronkstraf en swaar boetes is mos nie vir hulle bedoel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.