Polisie-hoë ontken vervalsde matrieksertifikaat

Kol. Vincent Mdunge. Foto: Verskaf

Kol. Vincent Mdunge. Foto: Verskaf

Kol. Vincent Mdunge, die senior polisiebeampte en -woordvoerder van KwaZulu-Natal wat bedank weens beweringe dat hy ʼn ongeldige matrieksertifikaat het, het die gerugte ontken dat sy kwalifikasie ongeldig is.

“Dit is nie waar dat my sertifikaat vervals is nie,” het Mdunge aan The Star gesê. “Ek is tans in samesprekings met my regspan en gaan dié saak hof toe neem.”

Hy het aan die dagblad gesê dit sou vir hom onmoontlik wees om vir 27 jaar lank in die polisie se diens te wees, as hy nie matriek gehad het nie.

Maroela Media het Donderdag berig Mdunge het bedank weens beweringe dat hy ʼn ongeldige matrieksertifikaat het. Kol. Jay Naicker, ʼn woordvoerder van die polisie, het Donderdag gesê die aantygings teen Mdunge het aan die lig gekom toe die kriminele en akademiese rekords van polisiewerknemers nagegaan is en dit aan die lig gekom het dat Mdunge se matrieksertifikaat ongeldig is en hy dissiplinêre en kriminele vervolging in die gesig staar. Mdunge het gevolglik bedank.

Mdunge het aan die media gesê hy het nie bedank as gevolg van die hangende kriminele ondersoek teen hom nie. Hy beweer dit was toevallig dat hy bedank het net toe die beweringe aan die lig gekom het.

Naicker het Vrydag gesê hy is nie bewus dat Mdunge die saak hof toe gaan vat nie.

– SAPA

Lees ook:
Polisie-hoë bedank glo oor matriek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jasper ·

Suurgatgeit omdat hy nog bevordering gekry het nie. Wat onmoontlik klink, is wel moontlik hier in die nuwe S.A. Die onmoontlike gebeur daagliks om jou Kollonel !

Eben ·

” …. Hy het aan die dagblad gesê dit sou vir hom onmoontlik wees om vir 27 jaar lank in die polisie se diens te wees, as hy nie matriek gehad het nie.” Nee wat ou Vicent nou jok jy! Onthou die nie-blankes word bevorder en blankes nie! Met of sonder matriek … en moenie die voertuig lisensies vergeet nie!

As jy nie saam stem … bewys dit en ek vra hier onverskoning!

Erich Goosen ·

Ek wonder dan wqaarom het hy bedank. Is die twee gebeurtenisse maar blote toeval?

annette ·

As hy in besit is van matriek sertifikaat hoekom bedank. As salarisse kan uitbetaal word in departemente waar niemand werk nie kan hy mos 27 jaar werk sonder sertifikaat. wie sal na al die jare vir dit vra. Hoekom kom storie noueers uit

Vas Vat ·

Hoeveel van die lede in die polisiemag is in besit van n geldige matrieksertifikaat…My mening, baie min.

Kierie ·

Maak dit regtig saak of hy sy matrieksertifikaat vervals het of nie? Die standaard is deesdae so laag dat ‘n huidige matrieksertifikaat nie veel meer werd is as (indien dit wel so is) Mdunge se vervalste sertifikaat nie! Ha haha!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.