Polisie hou “kokaïen-strande” dop

Hartenbos Foto: www.tourismincapetown.co.za

Hartenbos Foto: www.tourismincapetown.co.za

Daar sal ʼn groter polisieteenwoordigheid wees by strande naby Mosselbaai nadat dromme met kokaïen uitgespoel het, het die polisie Vrydag gesê.

“Polisiehelikopters sal die gebied monitor,” het kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, gesê. “Daar sal gereelde patrollies wees by toegangspunte en die polisie sal ook die kuslyn en water patrolleer.”

Vier blou dromme met kokaïen wat in 1 kg blokke verpak is, is sedert Kersfees by verskeie strande opgespoor. Die totale geraamde straatwaarde vir die kokaïen beloop R68 miljoen.

Pojie het Vrydag gesê toetse, om te bevestig of dit kokaïen is, en of die kokaïen reeds gesny en geprosesseer is en of dit nog in sy rou formaat is, is nog nie afgehandel nie.

Dit is nog nie bekend waar die dromme vandaan kom nie, maar Pojie het gesê dit is moontlik dat dit van ʼn skip afgegooi is. “Dit is een van die moontlikhede.”

Die dromme is onderskeidelik by die strand tussen Hartenbos en Kleinbrakrivier, by Rheebok-strand, Pinnacle Point en Hartenbos opgespoor.

Lees ook:
Nóg kokaïen by Mosselbaai opgespoor
Kokaïen by Hartenbos opgespoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.