LookLocal Newcastle berig dat ʼn ‘groot geboude’ man daarin kon slaag om verby ʼn veiligheidshek en tot op die trappe van die verhoog te kom voor hy gekeer is. Volgens die berig het dit verskeie veiligheidswagte en lede van die feeskomitee gevat om die man te keer. Parow se vertoning is minute later kortgeknip. “Hy wou eers nie die vertoning stop nie. Hy het sy mikrofoon neergegooi. Ek het op die verhoog geklim en vir hom verduidelik dat hy die vertoning sal moet stop vir sy eie veiligheid. Die polisie was ook daar om sy veiligheid te verseker,” het die voorsitter van die feeskomitee, Hennie Pelser, gesê. Een van die feesgangers het Parow beskryf as ʼn ‘hooligan sonder enige waardes’. Sy aanhangers het die reaksie op sy vertoning as “absoluut belaglik” beskryf. Parow het na die vertoning op sy Facebook-blad geskryf “Thanx vir die thousands who rioted for me in Newcastle and silenced the few, wies bang, nie f***n ons nie! Ons is die future, hulle issie past!!”
Lees meer hier.