Polisie ingeroep by Parow-vertoning

Jack Parow op die verhoog kort voor die voorval. Foto: www.looklocal.co.za

Die kletsrymer, Jack Parow, moes die naweek ʼn vertoning by die Winterfees in Newcastle, KwaZulu-Natal, kortknip nadat ʼn ontstoke lid van die gehoor op die verhoog probeer klim het om hom by te dam.

LookLocal Newcastle berig dat ʼn ‘groot geboude’ man daarin kon slaag om verby ʼn veiligheidshek en tot op die trappe van die verhoog te kom voor hy gekeer is. Volgens die berig het dit verskeie veiligheidswagte en lede van die feeskomitee gevat om die man te keer. Parow se vertoning is minute later kortgeknip. “Hy wou eers nie die vertoning stop nie. Hy het sy mikrofoon neergegooi. Ek het op die verhoog geklim en vir hom verduidelik dat hy die vertoning sal moet stop vir sy eie veiligheid. Die polisie was ook daar om sy veiligheid te verseker,” het die voorsitter van die feeskomitee, Hennie Pelser, gesê. Een van die feesgangers het Parow beskryf as ʼn ‘hooligan sonder enige waardes’. Sy aanhangers het die reaksie op sy vertoning as “absoluut belaglik” beskryf. Parow het na die vertoning op sy Facebook-blad geskryf “Thanx vir die thousands who rioted for me in Newcastle and silenced the few, wies bang, nie f***n ons nie! Ons is die future, hulle issie past!!”

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.