Polisie is gereed vir Oscar Pistorius-verhoor

Oscar Pistorius Foto: ryanseacrest.com

Oscar Pistorius Foto: ryanseacrest.com

Die polisie het Woensdag gesê hulle is gereed vir die moordverhoor van Oscar Pistorius.

“Ons het al die nodige bewyse wat ons tot dusver ingesamel het, en kan die dossier nou hof toe stuur,” het genl.maj. Tebello Mosikili gesê. “Ons het baie goeie vordering gemaak.”

Sy het gesê ‘n spesiale taakspan, wat haarself insluit, is opgestel om op die saak te fokus tot die einde toe. “Ons is gereed om hof toe te gaan,” het Mosikili gesê.

Pistorius se verhoor sal na verwagting vanaf 3 tot 20 Maart in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word. Hy word daarvan aangekla dat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag verlede jaar in ʼn badkamer in sy huis doodgeskiet het. Pistorius het verlede jaar tydens sy borgtogaansoek aangevoer dat hy Steenkamp vir ʼn inbreker aangesien het.

Die staat gaan glo altesaam 107 getuies roep om in die verhoor te getuig. Pistorius se suster Aimee, sy oom Arnold, die voormalige polisieondersoekbeampte Hilton Botha, en inwoners van die Silver Woods-landgoed waar hy tydens die voorval gewoon het, is onder die getuies.

Mediese kenners, ‘n weervoorspeller, paramedici en ballistiese en forensiese deskundiges sal ook getuig. Pistorius se voormalige vriendinne, Melissa Rom en Samantha Taylor, sal ook getuig.

Verlede maand is berig dat Pistorius se prokureurs glo vir byna ses maande lank met Steenkamp se familie onderhandel oor ‘n finansiële skikking. Albei partye het na bewering geweier om kommentaar te lewer oor die besonderhede, insluitend die bedrag wat oorweeg word weens die sensitiewe aard daarvan. Steenkamp het glo haar ouers finansieel bygestaan.

MultiChoice het onlangs aangekondig dat hulle vroeg in Maart ʼn 24-uur DStv-kanaal gaan bekend stel wat dekking gaan bied aan Oscar Pistorius se moordverhoor. Die kanaal sal op 2 Maart beskikbaar wees op kanaal 199. Die kanaal staan bekend as The Oscar Pistorius Trial: A Carte Blanche Channel en dit gaan ook eksklusiewe dokumentêre en in-diepte analise van kenners uitsaai. Die vervaardigers van Carte Blanche behartig die kanaal. Lees meer hier.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

sarie ·

Ek dink dis laag van haar familie dat hy vir hulle moet sorg,hulle moes jare terug al na hulle self kon kyk,wat ‘n skande.ek hoop die saak word nou afgehandel;net hy en die reg sal weet wat werklik die waarheid is,en kan aan gaan,as hy moet straf uit dien,moet sy pa dan vir hulle sorg.Hoeveel arm mense is daar en sukkel en hulle was bekommerd oor DSTV,wil n rykmans lewe voer met ander mense se geld.Ek dink die regte manier is ,as hy gevonnis word loop die melkkan leeg.

EyesEars ·

Glad nie vreemd dat hulle ‘n “voorbeeld” van Oscar wil maak nie, maar is dit geregverdig? Hoekom word daar nie kanale aangebied vir horsake waar moordenaars en verkragters en aanvallers, ook gewys word vir die hele nasie, nie? Ek vra maar net.

annabell ·

Wat van plaasmoorde? Kom ons saai dit ook uit sodat wereld kan sien!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.