Polisie jaag na gerug oor kaping

ʼn Boodskap wat op die sosiale netwerk Twitter en met BBM’s en SMS’e versprei is dat ʼn 20 maande oue baba tydens ʼn kaping in Johannesburg ontvoer is, het gister ʼn reuse soektog tot gevolg gehad.

Beeld berig dat meer as 30 lede van die polisie, gemeenskapslede en opsporingsmaatskappye gister nagenoeg drie uur lank in sowat 20 voertuie in ʼn jaagtog deur die strate van Pretoria betrokke was om die “ontvoerde baba” op te spoor. Die baba was al die tyd veilig by sy pa. Volgens die boodskap wat soos ʼn veldbrand op sosiale netwerke versprei het, is ʼn wit Tata-bakkie gister in Newlands in Johannesburg gekaap en was die baba steeds in die voertuig. PigSpotter, wat mense op Twitter teen spoedlokvalle waarsku, het later bekendgemaak dat die ma van die baba hom glo saamgevat het toe sy gaan dwelms koop het in Newlands. “Die pa is in kennis gestel en toe hy op die toneel opgedaag het, het hy die baba in die Tata gevind en weggery. Die ma het glo hierna aangemeld dat die bakkie gekaap is. Die pa het sy foon afgesit om die ma te vermy.” Die polisie het die soektog gestaak. “Dit is ’n reuse mors van die polisie en almal betrokke se tyd, geld en mannekrag as sulke valse inligting op vrugtelose soektogte uitloop,” het ao. Annabel Middelton, polisiewoordvoerder, gesê.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rosemarie ·

Ek wil net die CPF Sktor 4 van Moreletapark komplimenteer wat vir 3 ure lank die uitgange en hoeke van Moreletapark dopgehou het in hierdie ysige weer. Die verskeie polisiebeamptes het sooss een man saamgewerk. Dit was ongeloofllk om te sien hoe die ander nabygelee CPS lede ook kom hulp verleen het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.