Polisie keer JHB-betoging

Die polisie het Donderdag ʼn gewelddadige betoging in Zandspruit, noordwes van Johannesburg, gekeer.

Die betoging het vroegoggend begin toe ontstoke inwoners hul misnoeë met ʼn plaaslike raadslid wou te kenne gee. Die hoofstraat wat na die informele nedersetting lei, is met klippe en brandende motorbande versper, berig EWN. Inwoners sê die metropolisie het die betogers gekeer voordat hulle die besige Beyers Naude-rylaan kon bereik. Polisievoertuie patrolleer steeds die gebied.

ʼn Tekort aan voldoende watervoorsiening en algehele gebrek aan sanitasiegeriewe is van die griewe wat die inwoners geopper het. Hulle het gedreig om weer te betoog indien die plaaslike regering nie gehoor gee aan hul sorge en aan hul eise voldoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.