Polisie keer OTM-roof

atm cradockInwoners van Lyttelton Manor in Pretoria het Vrydag in die vroeë oggendure wakker geword met skote van ʼn skermutseling tussen die polisie en kitsbankrowers.

A.o. Hero Gubmu, ʼn polisiewoordvoerder van die Lyttelton-polisiestasie, het aan Maroela Media gesê ʼn groep van sowat ses rowers het met drie voertuie by die Cradock-winkelsentrum opgedaag en een ABSA-kitsbank opgeblaas. “Hulle was nog besig om die geld uit te haal toe beamptes van Lyttelton-polisiestasie op hulle toegesak het. Hulle het op die polisie losgebrand, waarna die polisie teruggevuur het,” het Gumbu gesê.

Die rowers het sonder enige kontant ontsnap. Hulle het in verskillende rigtings met die drie voertuie gevlug.

Die polisie het beslag gelê op R155 600. Niemand van die polisie is in die skietery beseer nie. Die polisie het ʼn soektog na die rowers van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.