Polisie konfiskeer wilde tier se karkas uit restaurant

'n Bengaalse tierwelpie. Foto: STRINGER/MEXICO / REUTER

Polisie het die karkas van ʼn bedreigde wilde tier uit ʼn restaurant in Hanoi, Viëtnam, gekonfiskeer waar hulle glo besig was om dit te kook om ʼn duursame tradisionele medisyne daarvan te maak.

Volgens die Tuoi Tre-koerant was die restauranteienaar, Nguyen Thi Thanh, besig om die dier te braai om ʼn tierbeensmeersel te maak wat glo vir ʼn paar honderd dollar per ons ($1 000 per 100 g) sal verkoop en wat as ʼn tradisionele pynstiller gebruik word. Thanh het ná die klopjag glo aan die polisie gesê dat sy die 150 kg karkas vir 180 miljoen dong ($8 500) aangekoop het. Die polisie was nie beskikbaar vir kommentaar nie. Tuoi Tre het Dinsdag berig dat Thanh reeds in laat 2007 tot 18 maande tronkstraf gevonnis is nadat hulle die karkasse van twee wilde tiere in haar besit gekry het. Indien iemand skuldig bevind word aan smokkelary van bedreigde spesies kan hulle tot drie jaar tronkstraf gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.