Polisie kry een liggaam ná vliegtuig val

Argieffoto

Die Noordwes-polisie se duikeenheid het Woensdag omstreeks 10:00 op ʼn liggaam afgekom van iemand wat vermoedelik in die vliegtuig was wat Dinsdagaand in die Modimola-dam buite Mahikeng (Mafikeng) in Noordwes neergestort het.

Kapt. Aafje Botma, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie het Dinsdagoggend ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat ʼn skaapwagter die vliegtuig Dinsdagaand sien val het.

“Die vliegtuig se wrak is spoedig opgespoor en daar word vermoed dat slegs twee mense in die vliegtuig was. Een persoon se liggaam is gevind, die soektog na die ander liggaam duur voort,” het Botma gesê.

Botma het gesê die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie, en sal deur die Suid-Afrikaanse Burger­like Lugvaartowerheid ondersoek word.

Lees ook:
Ligte vliegtuig val glo in dam

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.