Polisie kry hope ammunisie in kerkgebou

Die polisie in Vryburg het Donderdag op meer as 5 000 rondtes lewendige ammunisie in ʼn kerkgebou in Schweizer-Reneke, Noordwes beslag gelê.

Volgens brigadier ST Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, wissel die ammunisie tussen 9mm, R1 en R5 patrone.

“Die polisie het inligting ontvang dat daar kratte met vuurwapens agter die preekstoel onder een van die kerkgeboue in dié dorp se vloer versteek word,” het Ngubane gesê. “Die polisie het ʼn lasbrief bekom en saam met die honde-eenheid die kerkgebou deursoek en op die ammunisie onder ʼn valdeur afgekom. Drie kratte en ʼn boksie vol ammunisie is gekonfiskeer. ʼn Saak van onwettige besit van ammunisie is oopgemaak,” het Ngubane gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.