Polisie kry renosterhoring na motorongeluk

Die foto is deur die gebruiker @barrybateman op Twitter gelaai.

Vier mense is Donderdag in Bedfordview in hegtenis geneem nadat ʼn renosterhoring in hulle besit gevind is.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Tshisikhawe Ndou, sê die renosterhoring is in hulle besit gevind na ʼn motorongeluk. Hy sê hulle motor het teen ʼn ander motor gebots op die N3. Die bestuurder van die ander motor het gesien hoe een van die mans ʼn koelsak probeer wegsteek onder ʼn nabygeleë boom. “Die polisie was op die toneel en het gedurende die ondersoek afgekom op die renosterhoring in die koelsak en dit het steeds gebloei. Lede van die Valke is na die toneel ontbied en die vier mense is in hegtenis geneem.” Ndou sê die vier, tussen die ouderdomme van 19 en 33, sal Maandag in die Germiston landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van renosterhoring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.