Polisie lê beslag op dwelms, motors tydens klopjag

Die polisie het op verskeie dwelms en vier motors beslag gelê na ʼn klopjag op ʼn huis in Randburg, Johannesburg.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Pinky Tsinyane, sê die polisie het reageer na ʼn wenk van die publiek rakende dwelms wat in die area verkoop word. Tsinyane sê die polisie het Saterdag ʼn klopjag op die huis uitgevoer. “Daar is saamgeperste dagga, Mandrax, dwelm chemikalieë en toerusting in die huis gevind. Hulle het ook beslag gelê op ʼn Kia, Audi S3, BMW M3 en Colt bakkie. Die straatwaarde van al die items is nagenoeg R2 miljoen.” Tsinyane sê die eienaar van die huis was nie tuis nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van vervaardiging en dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.