Polisie lê beslag op “hope” wapens van seuns

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie van die Oos-Kaap het die afgelope week beslag gelê op ʼn groot aantal wapens, waaronder pangas en messe, in twee dorpies in dié provinsie.

“Polisiebeamptes het beslag gelê op hope gevaarlike wapens van seuns in Centane en Willowvale,” het kapt. Jackson Manatha Maandag gesê. “Die wapens word tydens faksiegevegte gebruik, aangesien van die seuns nie veronderstel is om sekere dorpies en gebiede te besoek nie. Faksiegevegte dateer terug na die ou dae van die seuns se voorvaders wat teen mekaar geveg het vir goed soos varke en kitare. Die gevegte het baie moorde tot gevolg gehad.”

Volgens Manatha het die polisie verlede week op al die wapens beslag gelê. Daar was nie een vuurwapen gevind nie. Die polisie het ook van die geleentheid gebruik gemaak om bewustheid te skep om vrede tussen die seuns te probeer bewerkstellig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.