Polisie lê beslag op vuurwerke

Argieffoto

Die polisie in KwaZulu-Natal het Woensdag gesê hulle het beslag gelê op sowat 420 ton se onwettige vuurwerke.

“Die polisie se springstofeenheid het uitgevind ‘n persoon in Riverhorse Valley in Durban het meer as 300 ton se vuurwerke,” het lt.kol. Vincent Mdunge, woordvoerder van die polisie, gesê. Die persoon se lisensie het hom toegelaat om slegs een ton te stoor.

In ‘n tweede geval in Sydneyweg in Durban het ‘n verkoper sowat 120 ton se vuurwerke ter waarde van ongeveer R2 miljoen gehad, sowel as namaaksel klere ter waarde van R2.5 miljoen.

Die polisie het beslag gelê op die vuurwerke en ‘n aansoek ingedien dat dit vernietig moet word. Die klere is aan doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.